Beterbal-kompetisie twee tellings tel gholfdag
Zukie Naude en Barry Funnel wen Hoërskool Oosterland se gholfdag.
EVANDER – Hoërskool Oosterland het op Saterdag, 25 Oktober by Walkerpark Gholfklub ’n beterbal-kompetisie twee tellings tel gholfdag gehou.
Weens die reën het die kompetisie na nege putjies geëndig.
Zukie Naude en Barry Funnel was in die eerste plek met 31 punte en Antoon Botes en Dries was in die tweede plek met 29 punte.
Leon Geel en Dean Heyns was in die derde plek met 29 punte en Johan Coetzee en John Cameron het vierde geëndig met 28 punte.
Walkerpark Gholfklub se volgende gholfdag is Porra teen die Boeredag op Woensdag, 12 November en die Kooperatiewe dag op Dinsdag ,19 November.
Walkerpark Gholfklub bied ook op Maandae, Dinsdae en Donderdae afslag vir pensionarisse bo 65 aan.



