Local sportSport

Netbalspanne ding mee

Belangstellendes kan na wedstryde gaan kyk.

SECUNDA – Die eerste ronde van die kwarteindronde van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi plaasgevind en die Silent Assassins het die Senorita’s geklop met ’n telling van 59-25.

Die Puss & Boots-span het die Mixers geklop met ’n telling van 54-20, die Underdogs het die Wolf Pack-span geklop met ’n telling van 48-26 en die Procnics Tuners het die Hoops geklop met ’n telling van 44-36.

Die tweede ronde van die kwarteindronde begin Woensdag, 12 November en Vrydag, 14 November en die halfeindronde en eindronde vind Saterdag, 15 November by Lake Umuzi plaas.

Belangstellendes is welkom om na die wedstryde te gaan kyk.

Die wedstryde begin Woensdag en Vrydag om 6nm en Saterdag om 9vm.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button