Local sportSport

Gholfspelers ondersteun Soppie

Talle gholfspelers en vriende het Saterdag hul omgee en ondersteuning aan Wikus (Soppie) Botha bewys deur aan die Wikus Botha-geldinsamelingsgholfdag deel te neem.

Talle gholfspelers en vriende het Saterdag hul omgee en ondersteuning aan Wikus (Soppie) Botha bewys deur aan die Wikus Botha-geldinsamelingsgholfdag deel te neem.

Die spesiale gholfkompetisie wat in ’n “4-Ball Alliance, 2 scores to count”-formaat gespeel is, is gereël om geld in te samel om Wikus se mediese koste te help dek. Wikus is in sy onderlyf verlam ná ’n ernstige ongeluk in Amerika in 2011. Hy beskik nie oor ’n mediese fonds nie en word met aanhoudende mediese uitgawes gekonfronteer.

Benewens die geld wat tydens Saterdag se gholfkompetisie ingesamel is, het ’n veiling van geraamde provinsiale rugbytruie sowel as ’n Springbok-rugbytrui met die handtekeninge van Springbok-rugbyspelers daarop ’n aansienlike bedrag geld opgelewer.

Die vier-bal van Niel Clifford,  Hans de Wet, Marius Wasserfall en S. Coetzer was die wenners met ’n telling van 109 punte.

James van der Walt, Danie van der Walt, Chris Jacob en Martin Duncan was in die tweede plek op 106 punte en Eddie de Lange, Franco de Lange, was derde op 97 punte.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Gert du Preez (vierde bof) en Estiaan Roos (14de bof). Alec Duncan het die langste dryfhou vanaf die sewende bof geslaan en Niel Clifford die langste dryfhou op die 15de.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button