SECUNDA – Sasol Rugbyklub het Vrydag, 14 November, hul jaarlikse prysuitdeling gehou en hul beste rugbyspelers beloon.
Erik de Vos en Zwerus Everst het die toekenning vir die beste kombinasie gekry, Dirk Lowies het die toekenning vir die meeste drieë aangeteken.
Deon Pruis het die prys vir die speler wat die meeste punte aangeteken het, gekry en Willa Martin het ’n toekenning vir sy sportmanskap gekry.
Lowies het ook die toekenning vir die beste geesbouer gekry en André Wittstock het die Dieseltrofee vir die meeste uithouvermoeë gekry.
Alfie Byleveldt is as die beste opkomende speler en nuweling aangewys, De Vos het die toekenning vir die veelsydigste speler gekry en Steven Jacobs het die toekenning vir die mees aanvallende speler gekry.
Die beste verdediger in die eerstespan is Johann de Bruin en in die tweede span is dit Neoi Malhie.
Juan Kotze het ’n toekenning vir die beste bywoning en die meeste wedstryde vir die eerste- en tweedespanne gespeel, gekry.
De Bruin is as die beste voorspeler in die eerstespan aangewys en Hanno van Staden as die beste voorspeler in die tweedespan.
Everst is as die beste agterspeler in die eerstepsan aangewys en Bates Alheit as die bese agterspeler in die tweedespan.
Koos Fourie is as die beste sewesrugbyspeler aangewys en Jaco Muller as die speler wat die beste vordering deur die jaar getoon het.
Die speler van die jaar is Dirk Lowies en die beste bestuurslede van die jaar is Attie en Mariëtte Kruger.
Werner Joubert is as die klubman van die jaar aangewys.



