Local sportSport

Potspelklub nooi nuwe lede

Dawid Fourie beplan om nuwe potspelklub te begin.

BETHAL – Dawid Fourie het die eerste potspelklub in 2000 op Bethal gestig en stig volgende jaar weer ’n klub.

Hy speel in die katogorieë seniors en gestremdes en het al vir die sesde keer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem.

Volgens hom is potspel ontspannend en help hom van al sy probleme vergeet.

“Nie enige iemand kan potspel speel nie,” het hy gesê.

Sy spanlede, Tommy Botha, gaan vir sy dertiende keer aan die kampioenskappe deelneem, en Nadine Peens vir die sewende keer.

“As die potspelgogga gebyt het, is dit verby, ” het Botha gesê.

Peens het gesê dat Fourie haar grootste inspirasie is.

Hulle benodig borge vir die kampioenskappe.

Dit kos R6 000 per lid om deel te neem.

Hulle oefen Dinsdae en Donderdae by Infinityklub.

Ledegeld beloop R350 jaarliks vir mense bo 18 en R150 vir kinders.

Vir meer inligting, skakel mnr. Fourie by 061 480 7748.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button