Local sportSport

Bears klop Witbank

Bethal Bears eindig seisoen op ’n hoë noot.

BETHAL – Bethal Bears Krieketklub het onlangs teen eMalahleni (Witbank) se krieketklub gespeel en hulle met 85 lopies geklop.

Bethal het eerste gekolf en 235 lopies aangeteken, terwyl Witbank net 150 lopies kon aanteken.

Die beste kolwer was Ashely Methula met 86 lopies en die beste bouler was Herman Booysen met vier paaltjies.

Ashley Methula en Michael van Vleder het ook elkeen twee paaltjies geneem.

Siyabinga Mtweni, Ashley Methula en Lungelo Mtshali is deur na die provinsiale Puma-krieketweke.

Die nuwe krieketseisoen begin weer op 17 Januarie.

Vir meer inligting, skakel Neil Parsons by 082 856 1027.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button