Local sportSport

Frans lei weer gholfklub

Gholfklubkapteins aangewys.

BETHAL – Bethal Gholfklub het onlangs hul nuwe komitee gekies en mnr. MG Snyman is as die klubkaptein gekies en me. Melanie Jansen van Noordwyk as die vrouekaptein.

Die doel van die komitee is om belangrike besluite oor die gholfklub te neem, te verseker dat dit uitgevoer word en om die gholfklub se voortbestaan te verseker.

Mnr. Frans Cronje is weer as die president van die klub aangewys.

Mnr. Danie Malan is die onderkaptein en me. Elandi Klopper die sekretaris.

Mnre. Sybrandt Botha, Gert van der Merwe, Bushy Snyman, Bertus Nortier en Corné Klopper is komiteelede.

Die tesourier is mnr. Henry van Vuuren.

Vir meer inligting, skakel die gholfklub se kantoor by 017 647 3265.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button