Local sportSport

Hengelprojek is om die draai

Die Boltons-hengelprojek vind jaarlikse plaas ten bate van Bethal se Sopkombuis.

BETHAL – Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die stokke om mnr. Dewald te Water se dam staan en hengelaars ’n kans staan om groot pryse te wen.

Die Boltons-hengelprojek is ’n jaarlikse inisiatief wat ten bate van Bethal Sopkombuis begin is.

Die projek beleef jaarlikse groei en op Saterdag, 17 Januarie is dit weer eens hengeltyd.

Mnr. Te Water het gesê dat mense welkom is om die geleentheid by te woon en ook groot pryse huis toe kan neem terwyl hulle terselfdertyd minderbevoorregtes se nood verlig.

Vir rigtingaanwysings of meer inligting, skakel mnr. Te Water by 082 388 0082.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button