Standerton Dekalb Rugbyklub begin jaar op hoë noot
Die Standerton Dekalb Rugbyklub het die jaar op ’n hoë noot begin en die “Bowl”-eindstryd in die Sasol Sewes-toernooi op 31 Januarie gewen.
Die Standerton Dekalb Rugbyklub het die jaar op ’n hoë noot begin en die “Bowl”-eindstryd in die Sasol Sewes-toernooi op Secunda op 31 Januarie gewen.
Standerton het om 6vm vertrek met twee spanne, Standerton 1 (Tarentale) en Standerton 2 (Wildehonde).
• Die Wildehonde het in die begin gesukkel en met 45-0 teen Sasol 1 verloor en daarna teen Middelburg 2 met 28-0 die knie gebuig.
In die derde wedstryd van die dag het hulle mekaar gevind en Sasol 3 met 33-5 geklop.
In die uitspeelwedstryd vir die negende en 10de plek het die Wildehonde met 21-14 teen Sasol 2 verloor.
• Die Tarentale het van die die begin af gewys hulle is lus vir rugby.
In die eerste wedstryd het hulle die Kinross Tigers met 17-12 geklop en daarna vir Sasol 2 met 23-21 geklop.
In die eerste uitspeelwedstryd het hulle teen die Dangerous Darkies met 25-7 verloor, maar in die eindstryd het hulle Kriel met 31-12 geklop.
“Die manne is vanjaar baie positief en jy kan dit op die veld sien,” het mnr. Hendrik Coetzee, hoofafrigter van die klub, gesê.
“Die dissipline is uit die boonste rakke op die veld en langs die veld.
“Ek wil dankie sê vir die spelers se betrokkenheid sover, wat vandag op die veld gewys het.
“Ons kan net groot dinge vir die res van die seisoen verwag,” het mnr. Jakes Coetzee, voorsiter van die klub, gesê.
“Ek wil ook ons hoofborg Dekalb en al ons ondersteuners wat vandag by ons was, bedank.”
Standerton se eerste vriendskaplike wedstryd is op 14 Februarie teen Kinross, maar daar is nog nie besluit waar hulle gaan speel nie en ding op 21 Februarie, tuis, teen Bronkhorstspruit mee.
Vir meer inligting skakel mnr. Jakes Coetzee, voorsitter van die klub, by 071 120 5918.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



