
SECUNDA – Spelers van Graceland Gholfklub se senior (Ou Toppie) span het op Saterdag, 7 Maart ’n liga gespeel en gemengde uitslae gekry.
Die A-span het met Bethal kragte gemeet en met ’n telling van 1-2 verloor.
Die B-span het teen Greenside gespeel en het skoonskip gemaak en met 6-0 gewen.
Volgens mnr. André Blom van Graceland Gholfklub, het alle wedstryde in goeie gees geskied en selfs ’n bui reën het nie die spelers se entoesiasme gedemp nie.
Spelers van Graceland speel op Saterdag, 14 Maart en Sondag,15 Maart in die jaarlikse klubkampioenskappe en spelers kan steeds inskryf.
Inskrywingsgeld is R120 per persoon en sluit ’n ete in.
Vir meer inligting, skakel die Pro Shop by 017 620 1188.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



