Richo is algehele wenner van Dirt & Dust-wedren
Die wenner van die ope-klas motorfietse was Dirk van Aswegen.
TRICHARDT – Richo van Wyk was die algehele wenner van die Dirt & Dust-motorfietswedren op Saterdag, 7 Maart.
Hy het ook koning gekraai onder die junior motorfietsryers.
Hy word as ’n belowende jong motorfietsryer beskou en het baie ryers ore aangesit deur ’n rondte vroeër as die res klaar te maak
Verskeie motorfietsryers het aan die wedren op die Janneman Plaas tussen Trichardt en Kinross deelgeneem.
Die dag was bewolk, maar dit het nie die motorfietsryers gekeer om die rondtes van 40 minute te voltooi nie.
Die wenner van die ope-klas motorfietse was Dirk van Aswegen.
Thys van Staden was tweede en Gerrie Nienaber was derde.
In die 4×4-motorfietsafdeling het Danie Viljoen en Lee-John Smit met die eerste en tweede plekke weggestap.
Al die motorfietsryers oefen gereeld en geniet dit om hul toertjies tydens elke wedren te toets.
Toeskouers wat foto’s geneem het, kan dit op hul Facebookbladsy Dirt & Dust laai.
Belangstellendes kan ook dié Facebookbladsy dophou vir inligting oor toekomstige wedrenne en pretdae.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



