Local sportSport

Eerstespan klop Bronkhorstspruit 25-15

Standerton Dekalb Rugbyklub se eerstespan het op 21 Maart met 25-15 teen Bronkhorstspruit gewen.

Standerton Dekalb Rugbyklub se eerstespan het op 21 Maart met 25-15 teen Bronkhorstspruit gewen.

“Dankie aan al die ondersteuners by Saterdag se wedstryde teen Bronkhorstspruit,” het mnr. Jakes Coetzee, voorsitter van die klub, gesê.

Wian Prinsloo (haker) was die voorspeler van die wedstryd.

Danny Myburgh (vleuel/heelagter) was die agterspeler van die wedstryd.

Die wedstryd was uit die staanspoor kliphard.

Standerton se Tarentale het gewys hulle is lus vir hardloop, hoewel die reën dit nie maklik gemaak het nie.

’n Strafskop deur Tyrone Pienaar (buitesenter) het hulle vroeg die voortou laat neem.

’n Drie deur Pienaar, wat hy self vervyf het, het die telling kort hierna na 10-0 in Standerton se guns verander.

Bronkhorstspruit het met ’n strafskop geantwoord, 10-3.

Standerton was egter ver van klaar af en na ’n goeie lopie deur Danny Myburgh (linkervleuel) en Hendrik Coetzee (heelagter), het Tyrone weer ’n keer agter die doellyn gaan kuier, die skop was mis en die telling 15-3.

Kort hierna is Coetzee van die veld af met ’n skouerbesering.

Myburgh het heelagter toe geskuif en Drikus Odendaal het sy plek op linkervleuel ingeneem.

Bronkhorstspruit het teruggeslaan met ’n drie na ’n sterk rolmaalbeweging, die vervyfskop was mis en die telling het na 15-8 verander.

Standerton het hergroepeer agter die pale en na ’n kuier van vyf minute in die teenstanders se kwartgebied, het Brendan Coetzee (losskakel) ’n skepskop deur die pale gejaag, die telling 18-8.

Bronkhorstspruit het op daardie stadium ook nog nie moed opgegee nie en na volgehoue druk op die doellyn het hulle daarin geslaag om binne trefafstand van Standerton te kom, met ’n mooi drie en suksesvolle doelskop.

Die kaptein, Michael van Vuren, het sy manne bymekaargekry en met die afskop, met Wian Prinsloo en Drikus Odendaal aan die spits, het Standerton opgevolg, die bal het reg gespring en Odendaal het ’n broodnodige drie behaal.

Tyrone het die doelskop oorgeklits en siedaar 25-15.

In die laaste paar minute het Standerton soos tiere verdedig, soos tarentaal-tiere en die telling dieselfde gehou.

Dit is onmoontlik om name uit te sonder in span waar almal meer as hulle kant gebring het, nogtans is Wian en Danny waardige ontvangers van die die tradisionele “speler van die wedstryd”- toekennings.

“Baie dankie ook aan mnr. Hector Christian Scott, wat bereid was om al die pad van Pretoria te ry, om vir ons die wedstryd te hanteer,” het mnr. Coetzee gesê.

“Pragtig seuns, of eerder pragtig manne, die dorp is trots op julle.”

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button