Local sportSport

Amy en Brand wen Kosmos 3-in-1-bergfietswedren

Fietsryers kon op Saterdag, 28 Maart kies tussen die 63km-marathon, die 27km-halfmarathon, ’n pretrit of ’n rondtewedren.

SECUNDA – Amy McDougall was die algehele vroue-wenner van die Kosmos 3-in-1-bergfietswedren, en Brand du Plessie was die algehele mans-wenner.

Fietsryers kon op Saterdag, 28 Maart kies tussen die 63km-marathon, die 27km-halfmarathon, ’n pretrit of ’n rondtewedren.

Daar was ook die uitdaging van deelname aan die 3-in-1 wat uit die 63km-, die 27km- en ’n rondtewedren bestaan het.

Stehan Jacobus, Daniel van Heerden en Jaco Ferreira was die junior wenners.

In die seniors se vroue-afdeling het Marli Kleynhans, Marika Knoetze, Christina Moraal, Ruanne van der Walt en Maisa Fourie gewen.

Tobie Basson, Richard Swanepoel, Peter Neil Randall, Paul Olivier en Jacques Theron was die seniors se manswenners.

In die veteraanafdeling het Santie van der Westhuizen onder die vroue gewen en Francios de Jager onder die mans.

Sharon Bell het die ope vroue-afdeling gewen en Gerhard Kotze die ope mansafdeling.

Vir meer inligting, skakel Hein Schmidt by 084 804 8749.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button