Local sportSport

Koue hou vlieëniers weg

Belangstellendes kan by modelvliegtuigklub aansluit.

TRICHARDT – Die Teksa Radiobeheerde Modelvliegtuigklub (Teksa Radio Control Model Club) het op Saterdag, 18 April in samewerking met die Kristopher Ryan Sentrum, hul jaarlikse vliegskou aangebied.

Altesaam 20 vlieëniers het toertjies met hul modelvliegtuie gedoen en volgens die voorsitter, mnr. Johan van Vuuren, het die gure weer hulle ietwat gekniehalter en het minder mense en vlieëniers opgedaag as wat hulle gedink het.

“Ons beplan om weer so ’n dag in September te hou,” het hy gesê.

Volgens hom bied die klub jaarliks dié dag aan waar die Kristopher Ryan Sentrum kos verkoop en dan die wins van die dag kry.

Mense wat by dié klub betrokke wil raak, kan mnr. Van Vuuren skakel by 084 500 2063.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button