Local sportSport

Bethal 2-in-1 wedloop lok baie

Atlete het aan halfmaraton en 10km-wedloop deelgeneem.

BETHAL – Die Bethal 2-in-1-wedloop het op Maandag, 27 April by Laerskool Marietjie van Niekerk plaasgevind en 341 atlete het deelgeneem.

Daar was ’n 10km-wedloop en ’n 21.1km-halfmaraton en atlete het gelyktydig weggespring.

Die halfmaraton se manswenners is Amos Thandekwayo (eerste met 1:10,0), Piet Jacobs (tweede met 1:10,54) en Jabulani Mtombeni ( derde met 1:14,30).

Die vrouewenners is Jackie Maritz eerste met 1:23,14), Lou-Ann Smit (tweede met 1:33,03) en Linah Mahlangu (derde met 1:34,00).

Die volgende atlete tussen 40 en 60 jaar het eerste plekke in die halfmaraton behaal:

Die manswenners is Simon Sibisi (1:15,49), Job Mahlangu (1:33,04.) en Isaac Manyeka (1:42,43).

Die vrouewenners is Linah Mahlangu (1:34,00) en Ester Liebenberg (2:01,27).

Altesaam 183 atlete het aan die 10km-wedloop deelgeneem en die manswenners is Nontoloza Mavimbela (0:32,57) en Sfiso Mkhatshula ( 0:34,17).

Die vrouewenners is Wendy Msezane (0:43,00), Yvonne De Jager (0:46,39) en Elzet Maritz (0:47,07).

Die wenners onder die mans- en vroueatlete tussen 40 en 60 jaar, is Absalom Mthimuye (0:41,27), Maguduleza (0:50,25), Treveor Vickers (1:24,08), Merietjie Jansen (0:51,32), Margret Nkosi (1:27,08) en Beauty Kubekeka (0:52,54).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button