Local sportSport

Ruiters wys leerlinge hoe om perd te ry

Vier ruiters van die skool het met hulle perde toertjies gedemonstreer.

BETHAL – Ouers van Laerskool H.M. Swart het op Vrydag, 22 Mei leerlinge meer oor perdry geleer.

Die afrigter van die perdeskool, me. Sonja Coetzee, het oor die voorafinspeksie voor ’n perdeskou met leerlinge gepraat en hulle gewys hoe om ’n perd se maanhare en stert te vleg.

Ruiters moet seker maak dat hulle perd se hoewe skoongemaak en geknip is.

“Ruiters kan ook skoene vir hulle perde aantrek,” het me. Coetzee gesê.

Volgens haar word ’n perd se gesig en ’n ponie se ooghare ook voor ’n skou geknip.

“Ruiters moet ook tydens ’n perdeskou netjies wees.”

Vier ruiters van die skool het met hulle perde toertjies gedemonstreer.

Anjike van Tonder en haar perd, Starlight, het ’n Equitation gedemonstreer terwyl Sudré Meyer en Frosty Legend gedresseer het.

Carla Kleynhans en Prinses het working riding gedemonstreer en Carinlizé Muller en Cyrus, show jumping.

Leerlinge het nie hulle oë eenkeer van die perde afgehou nie en het dit baie geniet.

Volgens me. Mariska Muller, ouer, weet min mense wat perdry behels en hoeveel pret dit eintlik kan wees.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button