Local sportSchool sportSport

EHS-seunshokkie deur na Noordvaal

Uitstekende verdediging en spanwerk was vir Evander een te veel.

Die EHS se eerste-seunshokkiespan het verlede Dinsdag aan die Mpumalanga-eindtryd op Curro se astroveld in Nelspruit deelgeneem.

Die Erries het in hul halfeind-wedstrydstryd teen Hoërskool Evander te staan gekom.

Uitstekende verdediging en spanwerk was vir Evander een te veel en tenspyte van bloedige hitte wen die Erries 4-2.

Mark Gardiner het drie doele aangeteken waarvan een ’n ongelooflike dragflick hou vanuit ’n hoekie wat hy links bo in die hoek van die kas gebêre het.  Sy broer, William Gardiner, het die laaste doel wat deur Ruan Grobler aangevuur is, aangeteken.

In die eindstryd het die EHS teen Uplands te staan gekom. ’n Kontroversiële strafhou teen die Erries in die twintigste minuut van die wedstryd het hulle met een doel agterstand gelaat. Die res van die wedstryd was doel-loos en die Erries het hard probeer terugveg, nog ’n doel deur Uplands in die doodsnikke van die wedstryd het hulle 2-0 oorwinning verseker.

Jonathan Fourie se skitterende spel gedurende dié wedstryd het aan hom ’n plek in die Mpumalangaspan besorg.

Die Erries wat as naaswenners aangewys is en die wenners, Uplands het deurgedring na die Noordvaal-kompetisie einde Julie in Krugersdorp plaasvind.

Seushokkie het net een liga en daar word nie onderskeid getref tussen klein, middel-en grootskole nie, vir die Erries om as naaswenners uit die stryd te tree is voorwaar ’n besonderse prestasie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button