Vyf spelers dring deur na streekkompetisie
Mense wat meer oor die Ernie Els Experience wil weet kan na www.sanlamcansachallenge.co.za gaan.
BETHAL – Die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaagreeks het op Saterdag, 18 Julie by die plaaslike gholfklub plaasgevind.
Die uitslae is soos volg: Mans A-afdeling: 1) Edward Madonsela, 2) Frik Human, 3) Sipho Skhosana.
Mans B-afdeling: 1) Eddie Holl, 2) Reinhart Botha, 3) Gerrie Jordaan.
Mans C-afdeling: 1) Danie Strydom, 2) Derick Koen, 3) Kotie Koen.
Christa Prinsloo het die vroue e B-afdeling gewen, terwyl Daniele Human die C-afdeling gewen het.
Gerrie Jordaan en VW Shabangu het die beste houe van die dag geslaan.
Volgens mnr. Pierre de Bruin van Sanlam, dring die onderskeie afdelingwenners deur na die streekkompetisie wat op 22 Augustus op Bethal (mans) en Middelburg (vroue) plaasvind.
Lede van Bethal Gholfklub het tydens die aand ’n bottel witwyn van Ernie Els opgeveil en R2 200 ekstra vir Kansa geskenk.







