School sportSport

Errie-hokkie eindig seisoen op hoë noot by Noordvaal

Al drie Errie-spanne het onder die top agt van al die groot skole geëindig.

Drie Errie-hokkiespanne het die langnaweek aan die Noordvaal-Grootskoletoernooi deelgeneem.

Die top 16 hokkiespanne in elke ouderdomsgroep wat in die kompetisie meegeding het, kom uit Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.

Die Erries se 0/14A-span het hul wedstryde in Krugersdorp by oërskool Noordheuwel gespeel.

In hul eerste wedstryd teen ‘n privaat skool, Cornwall Hill, het hulle daarin geslaag om in die laaste paar minute nog ‘n doel aan te teken en het dié wedstryd oortuigend met 3–0 gewen.

Afrikaans Hoërskool Sasolburg moes ook die knie teen die Erries buig met ‘n telling van 1–0, met ‘n skitterdoel deur Leandri Beyer.

In ‘n harde en opwindende wedstryd teen ‘n selfversekerde Hoërskool Lichtenburg, het die Erries oortuigend met 4-1 gewen en eerste eerste in hul groep geëindig.

In die kwarteindronde het hulle die wedstryd teen Hoërskool Transvalia verloor.

Die 0/15A-span se wedstryde het op Tuks se astrobaan plaasgevind. Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Garsfontein 2-1 verloor, maar het in hul tweede wedstryd teruggeveg teen Hoërskool Noordheuwel en het dié wedstryd met ‘n doel deur Janice Harmse 1-0 gewen.

Hoërskool EG Jansen het ook onder die Erries deurgeloop toe Janice Harmse twee doele en Simoné Ferreira een doel aangeteken het en die wedstryd 3-0 gewen het. Dié span het tweede in hulle groep geëindig, maar het hul rieme in die kwarteindronde teen Monument met 3-0 styfgeloop.

Die 0/16A-span het by St Stithians College in Johannesburg gespeel.

Hulle het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Lichtenburg oortuigend met 2-0 gewen.

In hul tweede wedstryd teen Hoërskool Transvalia het hulle ook as oorwinnaars uit die stryd getree nadat hulle 2-0 met hul teenstanders afgereken het.

Cashandri Coetzee is as speler van dié wedstryd aangewys.

In ‘n taai wedstryd teen Hoërskool Waterkloof is geen doele aangeteken nie.

In die kwarteindronde het hulle teen Hoërskool Pietersburg gespeel en dié wedstryd 3-1 verloor.

Al drie Errie-spanne het onder die top agt van al die groot skole geëindig.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button