School sportSport

Stallions buig die knie

Die geleentheid was die eindstryd van die Beeld-trofee vir Kleinskole.

Die eerste rugbyspan, Stallions, van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het op 22 Augustus die knie met 10-20 teen Christiana gebuig.

Die geleentheid was die eindstryd van die Beeld-trofee vir Kleinskole.

Die spelers het reeds verlede Donderdag na Christiana vertrek en litte losgemaak en geoefen op Vrydag.

Die groot oomblik het op Saterdag om 12.10nm aangebreek en die telbord was 3-3 na ‘n naelbyt eerstehelfte.

Die Stallions kon nie in die tweedehelfte daarin slaag om meer as een drie aan te teken nie.

MLA delf wel die onderspit, maar is trots op die onderskeiding as naaswenner.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button