BETHAL – MD Coovadia Combined School het onlangs die distrik landloopbyeenkoms by Jim van Tonderskool aangebied.
Nege laerskole het deelgeneem.
Altesaam is 117 leerlinge vir die landloopspan gekies wat die distrik op Saterdag, 29 Augustus in Breyton gaan verteenwoordig.
Die meeste leerlinge gekies vir die span is van Sakhisizwe Primary School.
Tien leerlinge vanuit MD Coovadia Combined School is in die span, 23 van Imbekezelo Primary School, 11 van Thandani Primary School, nege van Bethal Primary, ses van Laerskool Marietjie van Niekerk, 18 van Vukanini Primary School, agt van Laerskool H.M. Swart en agt van Langelihle Primary School.
Die onderwysers van MD Coovadia het Jim van Tonderskool vir die gebruik van hulle terrein, bedank.
Hulle het ook die atlete wat vir die distrikspan gekies is, sterkte toegewens.



