BETHAL – Hoërskool Hoogenhout se 0/15A sewesrugbyspan was vuurwarm op die veld op Saterdag, 5 September in Nelspruit waar hulle aan die Rugbyliga se laaste ronde deelgeneem het.
Hulle het in die eindstryd teen Hoërskool Middelburg kragte gemeet en met 15-14 gewen nadat hulle met rustyd 14-0 agter was.
Die span het Kanonkop met 54-0 geklop, HTS Middelburg met 14-7 en Hoërskool Lydenburg met 14-0.
“Dit het harde oefening en spanwerk geverg, ” het die spelers gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



