School sportSport

Atlete blink uit tydens interhoër

Hoogies en Hoërskool Secunda se atlete en dirigente is kop aan kop tydens die interhoër.

Die interhoër is jaarliks ’n byeenkoms om na uit te sien en het vanjaar op 20 Februarie by Ligbron op Ermelo plaasgevind.

Hoërskool Hoogenhout se atlete en dirigente het op elke vlak uitgeblink.

Die dirigente het die wisseltrofee vir die beste aankoms tydens die optog gewen.

Hulle het ook tweede plek gekry vir gees en die dirigentespan is as tweede beste dirigentespan aangewys.

Hoogenhout het algeheel vierde met 22 goue, 24 silwer- en 16 bronsmedaljes geëindig.

Hoërskool Secunda se seunsspan is vir die tweede jaar in ’n ry as die beste seunsspan aangewys.

Beste prestasiespronge onder die junior seuns is aan Jaun Pretorius van Hoërskool Hoogenhout toegeken.

Die beste naellope en hekkies onder die senior dogters is aan Inge van der Merwe van Hoërskool Hoogenhout toegeken.

Hendrik Susan van Hoërskool Hoogenhout is as senior Victor Ludorum aangewys.

Hoërskool Hoogenhout se aflosspanne was die algehele wenners in die afloskompetisie wat beteken dat hulle die meeste punte in totaal vir die aflos gekry het.

Lolla Mokoena van Hoërskool Secunda is as die junior Victrix Ludorum, beste junior dogters naellope en beste junior dogters hekkiesatleet aangewys.

Die beste senior worpe dogtersatleet was Leandri Lamprecht van Hoërskool Secunda.

JP Booysen van Hoërskool Secunda is as die junior Victor Ludorum aangewys.

Hy het ook die toekenning as beste junior seuns hekkiesatleet aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button