Sportmangees wen
By dié sportbyeenkoms op 20 Februarie het Hoërskool Standerton se S0/19-span oortuigend gewen, maar is gediskwalifiseer.
’n Gewone aflositem by ’n interhoër het sportmangees onderstreep.
By dié sportbyeenkoms op 20 Februarie het Hoërskool Standerton se S0/19-span oortuigend gewen, maar is gediskwalifiseer.
Siyabonga Tshabalala van SHS het uit vreugde die stokkie in die lug gegooi toe hy die wenstreep sien.
Hoërskool Hoogenhout se span bestaande uit Hendrik Susan, Janko Swart, Luan Botma en Tiaan Diedericks het die item in 44,1 sek afgelê en by die medaljeparade die goue medaljes in ontvangs geneem.
Hulle het toe hulle afklim van die podium die medaljes aan die vier SHS-atlete, Johan Strydom, Wilco Pienaar, Christiaan van Rensburg en Siyabonga Tshabalala, oorhandig.

Die atlete van SHS, almal in gr.12, het aan hulle laaste interhoër deelgeneem en het die afloservaring soos volg beskryf:
“Toe ek gesien het ons loop voor, het ek hoendervleis gekry,” – Johan
“Dit moes nooit gebeur het nie,” Wilco
“Dit was ons vier se eerste wedloop saam en ons was gemotiveerd om te wen,” Christiaan.
Nadat die aankondiging gemaak is dat die span gediskwaliseer is, het elkeen koers in sy eie rigting ingeslaan.
Mnr. Hennie Pretorius, hoof van SHS, het sy eweknie by Hoërskool Hoogenhout, mnr. Danie Grobler, gevra om ’n spreekbeurt by die saalopening die daaropvolgende Maandag.
Mnr. Pretorius het, gewapen met biltong-en-droëworspakke vir die vier seuns, die voorval met die Hoogies gedeel en spontane toejuiging ontvang.
“Sportmangees is die waardering van ’n mede-sportman se talente en prestasie,” het mnr. Pretorius gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



