School sportSport

Errie-eerstes speel klaar met Ermelo Christian School

Die Erries het die wedstryd gewen toe hulle ECS vir 95 lopies uitgeboul het.

Die Erries se 0/14-krieketspan het verlede Maandag teen Piet Retief gespeel, Saterdag het 0/15’s teen Oosterland te staan gekom en die eerste span het tuis teen Ermelo Christian School gespeel.

In hul wedstryd teen Piet Retief het die 0/14’s hul teenstanders beperk tot 132/7 in hul 20 toegelate beurte. Christiaan Arnoldi het uitgeblink met sy boulwerk en het 3/4 geneem.

Piet Retief het die EHS uitgeboul vir 70 lopies.

EHS se 0/15’s kon net 104 lopies op die telbord sit en het die wedstryd teen Oosterland met twee paaltjies verloor.

In hul wedstryd teen Ermelo Christian School (ECS) het die Erries se eerste span 130 lopies aangeteken.

Euwan Pretorius het tydens sy kolfbeurt uitgeblink met 59 lopies.

Die Erries het die wedstryd gewen toe hulle ECS vir 95 lopies uitgeboul het.

Jan-Hendrik Swart het 4/ 3 in sy boulbeurte geneem.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button