Laerskool Goedehoop leerder kan ’n tennisbal moker
Chizelle Rossouw, ’n gr. 7-leerder van Laerskool Goedehoop, is al die afgelope drie jaar vir die Mpumalanga-tennisspan gekies.
Chizelle Rossouw, ’n gr. 7-leerder van Laerskool Goedehoop, is al die afgelope drie jaar vir die Mpumalanga-tennisspan gekies.
Sy is die afgelope twee jaar die kaptein van die span en speel al tennis vandat sy vyf jaar oud is.
Chizelle oefen drie keer per week en soms ook oor naweke.
Haar pa, mnr. Etienne Rossouw, het haar afgerig toe sy tussen afrigters was.
Hy het in sy jeug vir die Vrystaatse span gespeel en Chizelle se twee klein boeties volg in haar voetspore.
Chizelle speel ook vir die skool se A- en B-netbalspanne en het ook aan redenaars deelgeneem en presteer in die jaarlikse Eisteddfod-kompetisie.
Sy het die skool se hoof, mnr. Neels Ferreira, vir ’n potjie tennis uitgedaag en hom geklop.
Chizelle was ook vanjaar onder die skool se Top 10 akademiese presteerders en het gesê sy verruil Laerskool Goedehoop vir Hoërskool Secunda volgende jaar.
Sy het toekennings vir die Veelsydigste Leerder van die Jaar gekry, asook vir Kultuurdogter van die Jaar.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.








