School sportSport

Liggie-fietsryers spog met prestasies

Jooste Coetzee en Wildo du Toit het vanaf 20 tot 21 Januarie by die Mpumalanga Kampioenskap vir Padfietse op Badplaas meegeding.

Twee gr. 8-fietsryers van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan verskeie wedrenne deelgeneem en goeie prestasies behaal.

Jooste Coetzee en Wildo du Toit het vanaf 20 tot 21 Januarie by die Mpumalanga Kampioenskap vir Padfietse op Badplaas meegeding.

Wildo was die algehele wenner in die 0/16-afdeling en Jooste het al vier bene van dié kompetisie gewen.

Jooste is ná afloop van die wedren as die 0/14 Mpumalanga-kampioen aangewys.

Jooste het op Saterdag, 27 Januarie, aan die Barberton Rotary Club XCM bergfietswedren deelgeneem en in die 30km 0/14-afdeling derde geëindig.

Hy is ook op Sondag, 28 Januarie by die Value Logistics Fast One te Meyerton, Johannesburg as die algehele wenner in die 0/14-afdeling aangewys.

Die wedren was oor ’n afstand van 100km.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button