School sportSport

Liggie-krieketspan lewer goeie boulwerk

Ligbron-krieketspan het Beacon College tot 41 lopies beperk.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het op Woensdag, 7 Februarie, vir Beacon College van Malelane met nege paaltjies tydens ’n Pro 20 krieketwedstryd gewen.

Die wedstryd het op Ligbron se tuisveld plaasgevind.

Ligbron het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Lees ook : Ligbron-atlete berei voor vir Interhoër-byeenkoms

Die Liggies het goeie boulwerk opgelewer met Ebrahim Timol wat drie paaltjies vir geen lopies in slegs twee boulbeurte geneem het en Mark Niebuhr drie paaltjies vir sewe lopies in drie boulbeurte.

Die span se boulwerk het Beacon College tot slegs 41 lopies beperk.

Ligbron se kolwers het Beacon College se telling in die sesde boulbeurt verbygegaan met Hanco Bakker wat 16 lopies (n.u.n.) en Hendrico Jooste wat ses lopies (n.u.n.) aangeteken het.

Lees die volledige artikel in die koerant.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button