School sportSport
Hokkiespanne ding mee by Laerskool Kruinpark op Secunda
Seuns- en dogtershokkiespanne neem aan dag deel.
SECUNDA – Laerskool Kruinpark het Saterdag, 21 Julie hul jaarlikse hokkiedag aangebied.
Al die wedstryde was vriendskaplik.
Laerskole Kruinpark, Delmas, Kinross, HM Swart, TP Stratten, Goedehoop, Krielpark, Trichardt, Oranjegloed en Hoƫveld het deelgeneem.
Daar was 10 dogtershokkiespanne en vyf seunsspanne.
Laerskool Delmas was die wenners onder die dogtersspanne en Laerskool Kruinpark onder die seunsspanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



