Local sportSport

Gerhard Lues as klubkampioen gekroon (Volledige berig)

Altesaam 109 hengelaars het ’n totaal van 4986 visse met ’n gewig van 3351.845kg gevang.

Meyerville Hengelklub het op 22 September tydens die jaareindfunksie by Vaalrivierskool vir Gerhard Lues as algehele klubkampioen aangewys.

Altesaam 109 hengelaars het ’n totaal van 4986 visse met ’n gewig van 3351.845kg gevang.

Lues het 4582.24 punte verwerf.

In die meestersafdeling het Piet van der Merwe eerste geëindig met 299 visses wat 146.682kg geweeg het.

Tweede was Carel Lombard met 189 visse met ’n gewig van 96.757kg, gevolg deur Koos van Rensburg met 175 visse met ’n gewig van 93.303kg.

In die seniorafdeling was Gerhard Lues eerste met 283 visse wat 163.224kg geweeg het.

Tweede was Jurie Moolman met 219 visse met ’n gewig van 113.433kg, terwyl Phlippie van Vuuren derde was met 148 visse met ’n gewig van 161.263kg.

In die vroue-afdeling het Ilene Schonken die eerste plek behaal met 150 visse wat 73.762kg geweeg het.

Tweede was Louise van Vuuren met 129 visse met ’n gewig van 87.921kg, gevolg deur Monica Schonken ook met 129 visse wat 67.211kg geweeg het.

Leandri Myburgh het in die juniorafdeling geseëvier met 71 visse met ’n gewig van 37.504kg.

Tweede was Lourens van Vuuren met 38 visse met ’n gewig van 29.676kg, terwyl Germarie Pretorius derde was met 45 visse met ’n gewig van 23.722kg.

Wat betref die verskillende spesies wat hengelaars inkatrol het, het Gerhard Lues in die seniorafdeling die meeste geelvis, karp en modderbekke ingeweeg en Jan Venter die meeste baber en klipbaber.

By die meestersafdeling het Piet van die Merwe die meeste geelvis en karp aan wal gebring, Koos van Rensburg die meeste baber en Pikkie Petzer die meeste modderbekke.

By die vroue-afdeling het Monica Schonken die meste geelvis vasgekap, Ilene Schonken die meeste karp en modderbek, Chenique Roelofse die meeste baber en Marianne Erasmus die meeste klipbaber.

By die juniorafdeling het Leandri Myburgh die meeste geelvis ingeweeg en Germarie Pretorius die meeste karp, baber en modderbek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button