Drie Ligbron rugbyspanne deur na Virseker Beker-halfeindronde
Die Calstar Group Eerstespan het hulle wedstryd met ’n telling van 48-7 gewen.
Die 0/14A-, Computer Connection, 0/16A- en die Calstar Group Eerste rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 3 Augustus, aan die Virseker Beker-kwarteindronde deelgeneem.
Die 0/14A-span en die Calstar Group Eerstespan het albei teen Midstream College te staan gekom.
Die o/14A’s het hulle wedstryd oortuigend met ’n telling van 49-16 gewen.
Die Calstar Group Eerstespan het hulle wedstryd met ’n telling van 48-7 gewen.
Die Computer Connection 0/16A-span het teen HTS John Vorster te staan gekom en het kop en skouers bo hulle opponent uitgestaan deur die wedstryd met 41-16 te beklink.
Al drie spanne dring deur na die halfeindronde van die Virseker Beker.
Die 0/14- en eerstespan sal in Klerksdorp teen Wesvalia te staan kom terwyl die 0/16A’s tuis teen Hoërskool Anker sal speel.



