Local sportStreeknuus

Delmas se gholfers swaai die septer teen Bethal

Die dag se wedstryde word as ’n groot oorwinning vir die Delmas Gholfklub gesien.

Die tweede been van die Bethal Liga was op 27 Januarie gespeel.

Die Delmas-spanne kon met die tweede been van die liga daarin slaag om die bordjies te verhang. Die Toppies-span wat in Bethal deelgeneem het, het met vier – 2 gewen.

Die Spring Chickens-spanne het plaaslik deelgeneem en Delmas het die dag se spel afgesluit met met ses punte teenoor die twee van Bethal.

Die dag se wedstryde word as ’n groot oorwinning vir die Delmas Gholfklub gesien aangesien albei die spanne van Delmas, tydens die eerste skof van die liga wat op 13 Januarie gespeel was, teen Bethal verloor het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button