Local sport

Sasol oorheers Baberton op Secunda

JC en Tian is Spelers van die Wedstryd vir Sasol 1.

Al drie Sasol Rugbyklub het hul wedstryde op hul tuisveld op 20 Junie, teen Baberton Rugbyklub gewen.

Sasol 1 het Baberton met 33 – 5 geklop en vyf drieë aangeteken om dié wentelling te verseël.

Die Spelers van die Wedstryd vir Sasol 1 is JC Oosthuizen (voorspeler) en Tian Steyn (agterspeler).

Sasol 2 het hul wedstryd met 33 – 7 gewen en ook vyf drieë gedruk om dié wentelling te verseker.

Die Spelers van die Wedstryd vir Sasol 2 is Liam Kitchenmaster (voorspeler) en Olwethu Tlou (agterspeler).

Sasol 3 het behoorlik koning gekraai oor Baberton se derde span en hulle met 43 – 0 geklop. Sasol 3 het ses drieë aangeteken om dié wedstryd in hul sakkie te kry.

Die Spelers van die Wedstryd vir Sasol 3 is Morné Botha (voorspeler) en Divan Mulder (agterspeler).


rugby players for two teams compete for the ball
Danru Bosman en Werno Smit van Sasol Rugbyklub se eerste span verdedig op 20 Junie tydens hul wedstryd teen Baberton Rugbyklub die Sasol Onsptanningsklub. Foto: Jana Oosthuizen

rugby players for two teams compete for the ball
Theuns Kruger en Pieter van Niekerk van Sasol 1 hardloop vir die bal op 20 Junie tydens hul wedstryd teen Baberton Rugbyklub. Foto: Jana Oosthuizen

rugby players for two teams compete for the ball
Devin Smit, George Groenewald en Werno Smit van Sasol 1 in aksie op die rugbyveld op 20 Junie tydens hul wedstryd teen Baberton Rugbyklub. Foto: Jana Oosthuizen

rugby players for two teams compete for the ball
Danru Bosman, Anwar Fillis en Tian Steyn van Sasol Rugbyklub se eerste span werk saam om punte aan te teken op 20 Junie tydens hul wedstryd teen Baberton Rugbyklub. Foto: Jana Oosthuizen
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button