Local sport

Secunda armdrukkers palm medaljes in op nasionale kampioenskap

Die span het 15 medaljes verower.

Secunda Armwrestling het verlede naweek hul staal gewys tydens die South African Armwrestling Federation (SAAF) se nasionale kampioenskap wat van 8 tot 10 Augustus by Aloe Hill Function and Wedding Venue in Nelspruit plaasgevind het.

Die Secunda-span het met vasberadenheid en harde werk meegeding en daarin geslaag om ’n indrukwekkende 15 medaljes huis toe te bring.

Die uitslae sluit verskeie goue, silwer en brons medaljes in, wat ’n besonderse prestasie vir die klub is.

Zander van der Merwe het in die jeug 18–23-afdeling onder 80kg uitgeblink. Hy het goud met beide sy linker- en regterhand verower.


Secunda se armdrukspan met die medaljes wat hulle op die nasionale kampioenskap verower het. Foto: Verskaf

In die senior mans onder 80kg-afdeling het hy ook ’n silwer medalje met links en ’n brons medalje met regs behaal.

Ludwig Schnettler het in die senior mans onder 100 kg-afdeling meegeding en ’n silwer medalje met sy regterhand en brons met sy linkerhand behaal.

Jacques Ellis het ’n besonder sterk vertoning gelewer. Hy het goud met beide hande in die meestersafdeling verower.

Hy het ook in die senior mans 110+ kg-afdeling meegeding en brons met beide sy linker- en regterhand behaal.


two men arm wrestle
Zander van der Merwe druk 'n goue medalje los met sy linkerhand. foto: Verskaf

Clarissa Oosthuizen het ook ’n uitstekende kampioenskap beleef. In die jong vroue 18–23 onder 90kg-afdeling het sy goud met beide haar linker- en regterhand verower.

Sy het verder in die senior vroue onder 90 kg-afdeling ’n brons medalje met links en ’n silwer medalje met regs behaal. Tyrone Johnstone het ’n sterk tweede plek in die senior mans onder 65 kg-afdeling behaal, met silwer in beide die linker- en regterhand.

Elttiene Koen het brons in beide hande in die jeug mans onder 75kg-afdeling verower. Francois van Schalkwyk het ’n vierde plek met beide sy linker- en regterhand in die jeug mans onder 70kg-afdeling behaal.

Ryno ‘Witblits’ Oosthuizen het ’n vierde plek met sy regterhand in die senior mans onder 90 kg-afdeling behaal.


two men arm wrestle
Ludwig Schnettler sit alles in in hierdie armdruk. Foto: Verskaf

two men arm wrestle
Jaques Ellis maak gereed vir armdrukgeveg. Foto: Verskaf
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button