Cullinan Boeremark spog nou met afdeling vir kuns en oudhede
'n Splinternuwe kunsmark word bekend gestel by die Cullinan Boeremark.
Die Cullinan Boeremark, nou in die derde bestaansjaar, begin weer in volle swang die naweek van die 28 en 29 Januarie.
Die organiseerders beoog om die mark vanjaar te vergroot deur uitstallings van kuns en antieke items deel te maak van die mark.
“Ons nooi kunstenaars om hul kunswerk op 28 en 29 Januarie en 4 en 5 Februarie op die Boeremark te kom uitstal,” het Danie Booyens, een van die orgniseerders gesê.
Die publiek kan die mark daagliks tussen 09:00 en 15:00 besoek en toegang is gratis.
Die mark is ook diere-vriendelik, so bring jou viervoetige vriende saam.
Behalwe vir kunswerke is daar ook baie ander stalletjies met vars produkte, handgemaak, tuisgemaak, asook tuisgemaakte jenewer (gin) en likeurs om te ontdek.
Kunsternaars wat belangstel om deel te wees van die mark, kan vir Mercia Hartman kontak op 062 682 6291.



