Vragmotor in hoofstraat is herstel

Volgens die eienaar van die voertuig het die bestuurder deur Standerton gery op pad na sy bestemming toe dit gebreek het.

‘n Vragmotor het onlangs op ‘n gevaarlike plek onklaar geraak, in die hoofstraat.

Volgens die eienaar van die voertuig het die bestuurder deur Standerton gery op pad na sy bestemming toe dit gebreek het.

Volgens hom het hulle dadelik hulp uitgestuur, maar die probleem kon nie opgelos word nie.

Die onderneming, wat in Rustenburg geleƫ is, se motorwerktuigkundige het verlede Donderdag vanaf daar gery om die probleem te kom uitsorteer.

Die mense wat probeer het om die fout te vind het gedink dat die battery of die pomp foutief was.

Die werktuigkundige het die voertuig weer aan die gang gekry en dit kon die roete voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button