Verstopte dreine in Westraat laat onderneming skade lei
Volgens een van die direkteure van die maatskappy het hy die probleem reeds Sondag oggend, 14 Oktober by die Msukaligwa Munisipaliteit gerapporteer.

Werknemers van ’n bekende onderneming in Wesstraat het Maandagoggend, 15 Oktober ’n onaangename gesig te gemoed gekom met hulle aankoms by die werk.
Die kantoor se onderste vloer was onder rioolwater met dreine in dieselfde straat wat verstop is.
Volgens een van die direkteure van die maatskappy het hy die probleem reeds Sondagoggend, 14 Oktober by die Msukaligwa Munisipaliteit gerapporteer.

Die personeel het wel die Hoëvelder in kennis gestel dat munisipale werkers, Maandagoggend omstreeks 10vm aan die probleem begin werk het.
Teen die tyd dat die munisipale werkers aan die verstopte dreine begin werk het, het die onderneming reeds skade gely.
Die skade kon teen druktyd nog nie bepaal word nie.





