Hoerskool Monument
Daar is ‘n magdom aktiwiteite vir ons leerders by Monnas wat help om die balans in hul lewens te handhaaf. Akademie is en bly egter prioriteit.
Ons is baie trots op ons Dux-leerder, Christine Visser met 6 onderskeidings wat 100% gekry het vir Dansstudies en met ‘n gemiddeld van 90% spog. Kyla Vermeulen het 100% vir Visuele Kunste verwerf asook 6 onderskeidings. Baie geluk aan elke leerder wat sy bes gelewer het en goed presteer het.
In die distrik gee Monnas die toon aan in Afrikaans (Huistaal asook Eerste Addisionel Taal), Engels Huistaal, Siviele Tegnologie (Konstruksie), Ekonomie asook Visuele Kunste. In verskeie ander vakke lê ons in die boonste drie posisies.
Monnas is trots om te kan aankondig dat ons met twee nuwe vakke begin het, genaamd Kodering en Robotika asook Landbou Tegnologie.