NewsSchools

Modepoppies en spiertiere tydens Bastion se glans affêre gekroon

Dis net spoggerige rokke, stywe pakke en oulike persoonlikhede.

Trane van vreugde en teleurstelling was deur talle modepoppies en spiertiere gepik tydens Hoërskool Bastion se Interskole Styl- en Sangkompetisie op Saterdag 31 Augustus.

Op die einde van die dag kan daar ongelukkig net een wenner wees. Hierdie spoggerige affêre het vir groot vermaak gesorg.

Minstens agt wenners is op die aand gekroon wat strek van Laerskole Idols-wenners tot Mej Hoërskole.

Behalwe vir die spoggerige rokke, stywe pakke en oulike persoonlikhede was daar ook bekende gesigte soos Corné Crous (beter bekend as Kim in 7de Laan) as die aanbieder, asook die Suid-Afrikaanse langafstandatleet René Kalmer as beoordelaar.

Ander beoordelaars sluit in Johan en Lydian Pittendrigh, Zania Joubert, Rina van Deventer en gaskunstenaars FA van Staden, Mariza Furstenburg, Marco van Kraayenburg en Jopie Schoeman.

Volgens Bastion-onderwysers was dit die eerste kompetisie van sy soort en hulle hoop dat die kompetisie in die toekoms sal groei.

Wenners in die verskeie kategorieë is as volg:

• Mej Hoërskole – Terize Kotze (Bastion), 1ste prinses – Nandi Oosthuizen (Bastion), 2de prinses – Mariza Mendonca (Bastion).

• Mnr Hoërskole – Ruan Fourie (Bastion)

• Mej Laerskole – Kisha dos Santos (Rapportryer), 1ste prinses – Carolene Visser (Rapportryer), 2de prinses – Corrine Human (Rapportryer).

• Mnr Laerskole – Michael Sloane (Rapportryer)

• Mej Kleuterskole – Kyra Ross (Helderkruin)

• Mnr Kleuterskole – Josiah Stroh (Fairland)

• Hoërskole Idol – Magaret-Ruth van Staden (Barochell Christian Academy)

• Laerskole Idol – Victor Mynhardt

Mej Laerskole 2de Prinses, Carolene Visser.
Mej Laerskole 2de Prinses, Carolene Visser.
Mej Hoërskole 2de Prinses, Mariza Mendonca oorhandig Kyra Ross haar Mej Kleuterskool-kroon.
Mej Hoërskole 2de Prinses, Mariza Mendonca oorhandig Kyra Ross haar Mej Kleuterskool-kroon.
Chenique Smith.
Chenique Smith.
Mej Laerskool, Kisha dos Santos.
Mej Laerskool, Kisha dos Santos.
Meneer Kleuterskool, Josiah Stroh.
Meneer Kleuterskool, Josiah Stroh.
Meneer Laerskool, Michael Sloane.
Meneer Laerskool, Michael Sloane.
Meneer Hoërskool, Ruan Fourie.
Meneer Hoërskool, Ruan Fourie.
Hoërskole Idol, Margaret-Ruth van Staden.
Hoërskole Idol, Margaret-Ruth van Staden.
Mej Hoerskole 2de Prinses, Mariza Mendonca.
Mej Hoerskole 2de Prinses, Mariza Mendonca.
Mej Hoërskole 1ste Prinses, Nandi Oosthuizen.
Mej Hoërskole 1ste Prinses, Nandi Oosthuizen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button