NewsSchools

Roodies skenk teddiebere aan kerk in Polokwane

Ma's en dogters kom saam vir liefdadigheid.

Dogters en ma’s van Laerskool Roodekrans het tydens ‘n ma-en-dogterdag honderde teddiebere ingesamel met die doel om dit vir liefdadigheid en ‘n kerk in Polokwane te oorhandig.

Volgens Theolene Pienaar van die skool, “Het almal by die Walter Sisulu Botaniese Tuine bymekaargekom om hul harte vir liefdadigheid oop te maak.

“Elke dogter was versoek om ‘n teddiebeer vir die geleentheid saam te bring wat op die einde van die dag aan ‘n verteenwoordiger van Houtkruis, ‘n gemeenskapskerk in Polokwane oorhandig is.

“Dit was ‘n heerlike sonnige dag en ma’s, dogters, oumas en vriendinne het heerlik piekniek gehou. Dit was ‘n dag waar almal net weer kon rustig raak en die pratige natuur geniet terwyl die dogters rondbaljaar het.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button