NewsSchools

Horison leerlinge sit ander in skaakmat

Laerskool Horison se junior skaakspan verteenwoordig D12 by Gauteng Kampioenskappe.

Die junior skaakspan van Laerskool Horison het die D12-distrik by die Gauteng Kampioenskappe verteenwoordig.

Hulle het hulself onlangs ingespan om ander spanne te oorkom by die Pretoria Skougronde. Laerskool Horison se skaakorganiseerder Adele van der Riet reken hul prestasie toe aan die leerlinge se vernuftige spel en taktiese skuiwe.

Christiaan Botes wat ‘n bord een-speler is vir die span sê ‘n magdom kinders het om die span saamgedrom gedurende die kampioenskappe.

“Dit was lekker om heeldag saam met my maats skaak te kon speel,” sê Christiaan.

“Ons ondersteun mekaar en weet ons is ‘n span waar elkeen sy kant moet bring.”

Die span bedank hul buite-afrigter, SJ Breytenbach wat hulle tot nuwe hoogtes gelei het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button