NewsSchools

Gauteng se top kunsstudente uit Bastion

Drie van die Top 30-leerlinge in Gauteng is die trots van Hoërskool Bastion.

Die skool, wat die jaar op ‘n hoë noot afgeskop het met ‘n 100 per sent slaagsyfer, kan ook trots wees op leerlinge wat in die kunsvak Ontwerp presteer het.

“Bastion se Ontwerp-leerlinge het ‘n gemiddelde punt van 82 per sent behaal met die afgelope matriek eindeksamens, en daarmee ‘n algehele 2de plek as skool in Gauteng behaal,” het skoolwoordvoerder Melitta Geyser gesê.

Lereza Basson het 2de plek in die provinsie verdien met haar punte vir Ontwerp en 16de plek met haar punte vir Visuele Kuns. Denise van Staden het 29ste provinsiewyd geëindig met haar punte vir Ontwerp.

“Albei die kunsvakke word aangebied deur Bernadene Ross, ons kunsjuffrou wat ‘n diep passie vir die vakke het en duidelik die kreatiewe kant van ons kinders ontwikkel,” het Geyser gesê.

Volgens Geyser is Ross wel bekend in die distrik vir haar vermoë om leerlinge se kunstalente te ontwikkel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button