NewsSchools

Kruiner slaan hoë note

Willie Naudé is gekeur om lid van die Simfonia Juventi orkes te wees.

Willie Naudé, ‘n basvioolspeler, is op 31 Januarie gekeur om lid van die Simfonia Juventi orkes (voorheen die TOD Jeugsimfonieorkes) te wees.

Om gekeur te word moes leerlinge tydens die oudisie twee kontrasterende stukke van minstens graad vyf standaard speel waaruit hulle musikale vaardigheid, kennis en vermoë met die instrument duidelik blyk.

Wat die prestasie spesiaal maak is dat die orkes meestal uit hoërskoolleerlinge bestaan. Slegs ‘n klein groepie graad sewe leerlinge word toegelaat aangesien die standaard van die orkes so hoog is.

Willie het ook ‘n oudisie geslaag om as solis saam met die Randburg Simfonie orkes op te tree

op 31 Mei en 6 Junie. Die orkes reël elke jaar ‘n jeugmusiekfees waar hulle jong musikante met bogemiddelde musikale vermoë (minstens graad ses standaard) nooi om saam met die orkes op te tree.

Hy is ook by die skool die koorleier. Willie word deur die koormeester Mnr. Henk Barnard en Me Melinda Nel ontwikkel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button