Local newsNews

Helderkruin-inwoner wil draf-draf ‘n verskil maak

Hy is van plan om 25 rondtes van een kilometer elk te voltooi.

Om sy mede-inwoners in die Eden Aftree-oord te help wat as gevolg van die wêreldwye Covid-19 pandemie finansieel swaar trek, het Carel Beetge, 76, besluit om die Eden Tuinroete aan te pak.

Dié roete beslaan sewe-en-‘n-half hektaar met pragtige grasperke, tuine en struike, wat Carel op 3 September draf-draf gaan verken. Maar, hy gaan dit nie nét vir sy gesondheid doen nie. Hy vra dat die gemeenskap hom per kilometer sal borg, sodat sy fondsinsamelingsprojek suksesvol kan wees.

Hy is van plan om 25 rondtes van een kilometer elk te voltooi.

Carel is ‘n bedrewe langafstandatleet en het al vele toekennings ontvang. Hy het die Comrades Marathon al kafgedraf en is ‘n gereelde deelnemer aan die weeklikse parkruns, en is dus glad nie bang vir hierdie uitdaging nie.

Die geld wat hy insamel, sal vir allerlei noodsaaklikhede deur die inwonerskomitee aangewend word.

Vir meer inligting, of om die bankbesonderhede vir bydraes en skenkings te kry, kontak die tesourier by franvanschalkwyk7@gmail.com of kontak haar by 072 591 9536.

Alternatiewelik kan Ziske Beetge gekontak word by 084 580 7585 of zbeetge@hotmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button