CrimeNews

Inbreker teiken Witpoortjie Mediese Sentrum

Na ongeveer vyf uur van opruim en alarms toets sou Elize Hartzer uitvind dat die inbreker nooit gevlug het nie.

Terwyl die meeste inwoners op Sondag, 10 Oktober nog diep in droomland was, het ‘n man besluit om sy mediese inkopies op ‘n ietwat onkonvensionele manier te doen.

Hy het douvoordag – ongeveer 06:00 – besluit om die Witpoortjie Mediese Sentrum te teiken. Volgens Rachel Douglas van die sentrum het die inbreker deur die dak toegang tot die gebou gekry. Hy het daarna probeer om die alarmsensors buite werking te stel, min wetend dat die alarmstelsel reeds geaktiveer was.

Alhoewel National Security and Fire dadelik op die toneel was, was die inbreker nêrens te vinde nie.

“Ek en ander personeel was ook dadelik by die sentrum om te kyk hoe ons kon help. Tot ons verbasing het die inbreker absoluut niks gevat nie. Dit was net deurmekaar soos hy rondgekrap het. Ons het geen idee waarna hy gesoek het nie,” het Rachel vertel.

Gelukkig is niemand gedurende die insident beseer nie, en alle skade is dieselfde dag herstel. Foto: Alanicka Lotriet.

Na ongeveer vyf uur van opruim en alarms toets sou Elize Hartzer van die sentrum uitvind dat die inbreker nooit gevlug het nie, maar nog heeltyd saam met hulle in die gebou was.

“Ek het om ‘n kassie in een van die spreekkamers geloop en daar was hy – die inbreker. Hy het nog heeltyd in een van die kaste weggekruip. Ek het uiteraard begin skreeu en het uitgehardloop. Gelukkig was die sekuriteitsbeamptes steeds daar saam met ons, en hulle het dadelik gereageer en hom vasgetrek,” het sy gesê.

Gelukkig is niemand gedurende die insident beseer nie, en alle skade is dieselfde dag herstel.

Die Witpoortjie Mediese Sentrum bedank graag vir National Security and Fire vir hul diens en vinnige, puik reaksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button