Laerskool Horison het op Woensdag, 27 Oktober hul nuwe leiers vir volgende jaar bekend gemaak.
Daar sal van die leiers verwag word om hul skool met trots te verteenwoordig, om hul medeleerders te lei en om te alle tye die gedrag van ‘n getroue Horie te toon. Die groep is opgewonde om gedurende 2022 die skool se naam hoog te hou en hul pligte na te kom.
Die onderhoofdogters is Nadine van Hoogdalem en Tiyani Fourie. Die hoofdogter is Marni Vermaas. Die onderhoofseun is Keegan Coetzee en die hoofseun is Hanru Begemann.
Laerskool Horison is trots op die leerders en wens hulle sterkte toe met die jaar wat voorlĂȘ.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



