Laerskool Helderkruin se Janike Meintjies het onlangs baie goed gevaar toe sy aan die Acro Fesitval of South Africa deelgeneem het.
Die Graad 5-leerder het op 30 Oktober by Laerskool Cliffview deelgeneem waar sy ‘n algehele tweede plek verower het. Janike het ‘n uitstekende 89.5 persent ontvang in die Novice Acro Solo-kategorie vir deelnemers onder die ouderdom van 11 en 13 jaar.
Al het sy eers laasjaar in November aan diƩ dissipline begin deelneem, het sy sommer gou opslae begin maak.
Die Kruiner-familie is saam met J&C Creations trots op Janike en haar merkwaardige prestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




