Local newsNews

Plaaslike skoonheid wil gemeenskap help

Die projek wat egter vir haar die meeste uitstaan is haar 1 Pad = 1 Fab veldtog.

Vir die afgelope paar maande het plaaslike skoonheidskompetisiedeelnemer, Chanté van Eeden nie net geleer hoe om in hoëhakskoene te loop nie, maar ook om dit met elegansie, selfvertroue en sekerheid te doen.

Sedert die Record ongeveer drie maande gelede met dié Miss Krugersdorp/Randfontein 2021/22-kompetisie finalis gesels het, het sy baie geleer – nie net van haarself nie, maar ook van die nood rondom haar. Sy het in die kort tydperk talle projekte aangepak. Die projekte sluit in die insameling van klere en speelgoed vir die Was (We’re Against Starvation) Foundation, klere en lekkers vir behoeftige Munsieville inwoners asook haar 1 Pad = 1 Fab projek.

“Ek het in die tyd geleer hoe om ander mense te help en dat daar altyd daar buite mense is wat swaarder kry as jy. Daar is regtig baie behoeftige mense,” het die Graad 9 Hoërskool Bastion leerder vertel.

Die projek wat egter vir haar die meeste uitstaan is haar 1 Pad = 1 Fab veldtog. As ‘n tiener dogter, verstaan sy die noodsaaklikheid van toeganklike sanitêre produkte, en wil sy graag daardie behoefte vir minderbevoorregte meisies kan vul. Sy voorsien graag op ‘n gereelde basis vir skole soos Laerskool Roodebeeck, Laerskool Dr Havinga en Hoërskool Bastion.

“My doel is om meisies wat in nood is, en skool mis as gevolg daarvan, te help. Daar is baie behoeftige meisies in die skole rondom ons, en mense besef dit nie altyd nie. Ek sal graag teen volgende jaar wil betrokke raak by Princess Princess, Princess High School en Hoërskool Die Adelaar,” het Chanté gesê.

“Ek skenk tans 50 ‘I Care’ sanitasie pakkies per skool op ‘n slag en sodra ons die houers terug ontvang van die skool af, vul ek dit en gaan lewer weer af. Tans is daar twee sanitêre doekies in ‘n pakkie saam met ‘n instruksie papiertjie (vir die dogters wat dit dalk vir die eerste keer gebruik) en ‘n lintjie vir die dogters se hare.”

Chanté sien uit na die finale kroning wat na verwagting in Februarie sal plaasvind, afhangende van die Covid-19 beperkings. Al word sy nie geplaas nie, meen Chanté sy sal graag wil voortgaan om die behoeftige gemeenskap te ondersteun waar moontlik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button