Local newsNews

Gemeentevroue sluit jaar af op hoë noot

Daar was heerlike tee natuurlik, lekkernye en lekker musiek.

Ongeveer 29 dames het onlangs bymekaar gekom en heerlik saam gekuier in die NG Kerk Culembeeck se bekende P.H. Voigt-saal.

Gerty, Elrie en Jeane Craucamp geniet hul middag saam. Foto: Alanicka Lotriet.

Op Saterdag, 4 Desember het dié vroue hul laaste vrouetee vir die jaar gehou. Dit word beskou as die perfekte geleentheid vir vroue van alle ouderdomme om saam te gesels en geestelik saam te groei. Volgens organiseerder Marietta Jonck word die spesiale byeenkoms kwartaaliks gehou om dankie te sê, sommer net saam te kuier of om ‘n boodskap van die Here te ontvang. “Dit was ‘n groot sukses. Daar was heerlike tee natuurlik, lekkernye en lekker musiek, wat ek glo elkeen baie geniet het. Die groep vroue het ook baie lekker gesels en sodoende die jaar op ‘n hoë noot afgesluit. Ek wil net graag baie dankie sê aan al die vroue wat dit bygewoon het en wens hul ‘n geseënde vakansie toe,” het sy vertel.

Marietta en Hansie Jonck sorg vir lekker musiek. Foto: Alanicka Lotriet.

Sy is opgewonde vir hul opkomende kursus, Kingdom Women, asook hul volgende vrouetee wat na verwagting op 8 Januarie sal plaasvind.

Malieta en Christelle van Rooyen geniet hul tyd saam. Foto: Alanicka Lotriet.
Gerda Bouwer en Daisy Vercueil geniet die heerlike verversings. Foto: Alanicka Lotriet.
Kobie Viljoen en Monique Matthyser geniet mekaar se geselskap. Foto: Alanicka Lotriet.
Menette Erasmus, Tania Schultz geniet die vroue tee saam met Audrey en Gizelle du Plessis. Foto: Alanicka Lotriet.
Frieda Albertyn en Simoné Bouwer kuier lekker saam. Foto: Alanicka Lotriet.
Louise Bohlman, Bettie le Grange en Magda Steyn geniet die oggend saam. Foto: Alanicka Lotriet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button