Laerskool Roodekrans het op Saterdag, 23 April hul eerste C- en D-spannetbaltoernooi aangebied, en dit was ‘n reuse sukses.
Laerskool Middelburg, Laerskool Wierdapark, Laerskool Orion, Laerskool Dr Havinga, Laerskool Mulderdrif en natuurlik Laerskool Roodekrans het dit geniet om aan dié Feestoernooi deel te neem.
Elke span kon hul vaardighede op die proef stel deur minstens vier wedstryde te speel. Die meisies het hul harte uitgespeel en is geesdriftig deur die toeskouers aanmoedig.

“Die hoofrede vir die toernooi was om gelyke geleenthede aan al ons skool se netbalspanne te bied. Daar sal beslis gepoog word om dié geleentheid ‘n jaarlikse instelling op die Roodie-kalender te maak,” het skoolhoof, Deon Rousseau vertel.
Elke deelnemer het boonop ‘n spesiale bederfpakkie ontvang.
“Ons bedank graag vir Mahindra, GWM l HAVAL en Ouma Rooi vir die borg van die bederfpakkies. Ons is ook trots op elke dogter wat met groot ywer aan die toernooi deelgeneem het,” het hy ten slotte vertel.



